Markverslag

23 Aug 2023

BRICS!!!!! Wat beteken dit vir ons?
Ons wisselkoers spring rond. Ons aandele mark skommel kwaai. Party van ons beplan om die land te verlaat indien…..

BRICS is nou hier en wat het gebeur. China bied hulp aan om die kragkrises te hanteer. Die hele beraad bepleit vrede en voorspoed.

Intussen bly ons rentekoerse baie hoog. Ons beleggings groei stadig maar seker. Ongeag die “onsekerheid” beleef ons minder beurtkrag wat beteken dat besighede groei najaag.

As gevolg van die mooi rentekoerse beleef ons ook goeie opbrengste in ons staatseffekte fondse.

Ons het, soos gewoonlik ‘n insinking in ons syfers beleef op state dag, maar die beurs het intussen weer kop opgetel en die syfers lyk klaar beter. Ons sien wel groei op die 3 maande tydperk wat ‘n baie kort termyn is.

Die les van die verhaal is: Moenie oorhaastig besluite neem en dinge doen nie. Ons beleggings hou aan groei ongeag die skommelings in die mark.

Seen en voorspoed vir die pylvak tot Desember. Mag ons verslae staan… 


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149